an image

Christo se weergawe:

12 Februarie 2009

Dit het begin by 'n poke.
En wat sy poke, dit was toe ‘n Blou Bul oke.
Wat was eers 'n gedagte, bly nou deur die nagte by jou.

Dit het begin by 'n gevat.
Wat sy vou hê het sy gevat.

Ek's 'n see met my storms, 'n golf wat jy nooit sal berou.
Deur die winter die somer, ek bly maar 'n dromer vir jou.

Jy't gesê "wie gee om, ons kan glo wat ons wil".
En of jy dit wil weet, ek sal jou nie so gou kan vergeet.

Dit het begin met 'n gevoel.....

Fastforward na 29 Mei 2010 Super 14 Final

Dit het begin by 'n getrek.
Jou hele lewe voor my hek.
Jou lekkerbek, jy was te slim vir jouself met ‘n Stormers truitjie nogal.
En te mooi om nie te wil hou.

Dit het begin by 'n geweet.
Dan ons mekaar nie kan vergeet.
Daar is iets wat jy sien in my, iets wat jou dalk kan bevry.
Deur die winter die somer, ek bly maar 'n dromer vir jou.

'n Duisend jaar van nou, my Anreheth.
Als was vir jou, my Anreheth.
Jy't gesê "laat die wêreld maar skreeu wat hy wil".
En of jy dit wil weet, ek sal jou nie so gou kan vergeet.

Dit het begin met 'n gevoel.

Dit het begin met 'n gevoel.

Dit het begin met 'n gevoel.

 

Anreheth se weergawe:

Dagboek: 12 Februarie 2009
Liefde met die eerste oogopslag, met 'n oogknip in 'n oogwink.
Wens dit was so eenvoudig soos dit klink. Hoe gemaak as die man wat jou knieë lam maak 1000km vanaf jou bly? Ignoreer jy dit bloot en besluit dis malligheid... of knyp jy oë toe en volg jy jou hart?

Dagboek: 16 April 2009
Vliegkaartjie gekoop! Vlieg more, het noodnommers van ten minste 10 mense in Gauteng ingeval hy nie by lughawe is nie, of dalk sigopatiese neigings toon. Almal dink ek is effe waansinnig en het die leviete gekry van oraloor... moet bieg, nooit gedink ek sal so bold wees nie!

Dagboek: 20 April 2009
WHAT A WEEK-END! Dit was AMAIZING!

Dagboek: 23 April 2009
Christo gebel en gevra of ek weer die naweek wil kom kuier! Hy kaartjie gekoop en ek vlieg more weer! YAY!!!

Dagboek: 23 Julie 2009
Het vandag 'n PS sjokolade in die pos ontvang met 'n nota... PS:how about a date?

Dagboek: 31 Augustus 2009
Ons is nou offisieel in 'n verhouding. Hy het sy facebook status vanoggend verander vanaf "single" na "in a relationship". Ekstase, eufories...in die wolke!

Dagboek: 12 November 2009
Gaan Mozambiek toe vir 'n week... sien verskriklik uit.

Dagboek: 4 Desember 2009
Ek vlieg more op vir die Desember vakansie. Gaan vir 'n maand lank kuier... dit gaan so fantasties wees!

Dagboek: 13 Februarie 2010
Liefie kom kuier vir Valentynsnaweek... Kannie wag nie!

Dagboek: 29 Mei 2010
Moet opvlieg vir 'n paar interviews... hou duime vas.

Dagboek: 16 Junie 2010
Werk gekry!

... en die res is geskiedenis.

 

 


 

Tel die slapies
tot 17 Maart 2012 om 15:00
Die Venue

Stone Haven on Vaal is geleë ongeveer 45 km buite sentraal Johannesburg. 'n Pragtige 18 hektaar landgoed teen die skilderagtige oewer van die Vaalrivier.