-Type" content="text/html; charset=iso-8859-1" /> Verloof

 

an image

17 April 2011:
Christo het alles haarfyn beplan, net soos hy dit kan doen. Ons was op 'n heerlike vakansie saam met vriende en familie in Namibië.

Die oggend terwyl almal in konvooi ry na die volgende bestemming laat blyk Christo oor die tweerigting-radios dat diè dag, presies twee jaar vantevore, het ons mekaar die eerste keer ontmoet.

Vanselfsprekend voel ek soos 'n eier, want soos gewoonlik het ek glad nie hierdie historiese datum onthou nie. Soos wat die dag vorder loer meneer kort-kort na die selfoon, minwetend soek hy vir die eerste geleentheid waar geen selfoonopvangs is nie. Die oomblik breek toe aan op 'n verlate grondpad, net voor Karasburg.

Terwyl ons vlugtig gestop het vir 'n paar fotos van die donderweer in die verte, het die ander motors solank vooruitgery. Ek het teruggeklim in motor en by my voete was 'n pragtige toegedraaide geskenkpakkie, in blou-bul papier nogals!
Ek begin dadelik pakkie oomaak en was dit 'n missie... daar was omtrent tweehonderd lae papier en boksies in boksies. Hoe verder ek oopmaak, hoe meer verslae raak ek... want ek het niks gekoop vir ons "twee-jaar" herdenking nie. Wat begin het met skoenboksgrote geskenk, het al hoe kleiner en kleiner geword tot 'n juweelboksie met die mooiste droomring in wat ek ooit voor kon wens.

Dit was magic! Daar, in die middel van die woestyn in die verte - die een kant van die horison is 'n verskriklike donderstorm met swaar swart wolke en donderweer, en dan aan die anderkant, die grootste pragtigste reënboog wat strek so ver soos jou oë kan sien. In die middel van die woestyn. Wat 'n gesig!

Ons het die aand in Ai-Ais oorgebly en kon dit darem vier in die restaurant met sjampanje en goeie geselskap. Dit het 'n dag of twee geneem voor ons behoorlik selfoonopvangs kon kry om ons familie en vriende in kennis te stel. Christo wou seker maak die oomblik is ten minste vir 'n rukkie ''ons'' sin alleen.

 


 

Tel die slapies
tot 17 Maart 2012 om 15:00
Die Venue

Stone Haven on Vaal is geleë ongeveer 45 km buite sentraal Johannesburg. 'n Pragtige 18 hektaar landgoed teen die skilderagtige oewer van die Vaalrivier.